Vrydae aande is ‘n geleentheid vir al ons tieners om bymekaar te kom. Tiener-wees is van die mees komplekse fases van die lewe. Ons wil jou nooi om te kom deel in daai kompleksiteit. Kom ontspan, kom vra vrae, kom lag, kom huil. Die mees belangrikste is om deel te wees en nie lewe alleen te doen nie. So, kom skakel in op ‘n Vrydag.

Tyd: Vrydae, 18:00 - 20:00
Plek: Corpus Christi Funksie Lokaal
Aangebied deur Ruan Olivier.